Die noodsaak daarvan om metateoretiese vertrekpunte in ’n prakties-teologiese wetenskapsbeskouing en -beoefening te verreken

Abstract
Hierdie artikel is die vierde publikasie wat uit die navorsingsprojek Metateoretiese vertrekpunte in die praktiese teologie voortvloei. In die voorafgaande artikels is ’n saak uitgemaak vir die noodsaak daarvan om rekening te hou met die eie metateoretiese vertrekpunte rakende werklikheidsbeskouing en met kriteria waarvolgens die hermeneutiese proses wat in handelinge in die navorsingsveld van die praktiese teologie ter sprake kom, geïnterpreteer word. In hierdie artikel verskuif die fokus na die metateoretiese vertrekpunte wat in die navorser se wetenskapsbeskouing en -beoefening ter sprake kom. Die rol wat metateoretiese faktore speel in die manier waarop die wese en taak van die wetenskap gedefinieer word, kry aandag. ’n Poging word aangewend om ’n model te ontwerp waarin die teenwoordigheid en uitwerking van die navorser se metateoretiese vertrekpunte integraal verreken word in die proses van prakties-teologiese wetenskapsbeoefening. ’n Huidige navorsingsprojek, waarmee een van die medeskrywers van hierdie artikel besig is, word bespreek as voorbeeld van die impak wat metateoretiese vertrekpunte op die ontwerp van ’n studie kan hê.The necessity of taking account of meta-theoretical assumptions in the scientific approach and task envisaged for practical theology. This article is the fourth in the research project Meta-theoretical assumptions in practical theology. In the preceding articles, a case was made for the necessity of expressing the own meta-theoretical assumptions regarding the view on reality and the hermeneutical process involved in understanding the actions of faith in the research field of practical theology. In this article, the focus is on the meta-theoretical assumptions at play in the researchers’ vision for engaging the research field on a scientific level. The role that meta-theoretical factors play in defining the nature and task of scientific activity, is discussed. An attempt is made to develop a model that integrates the presence and effects of meta-theoretical assumptions in the researchers’ specific vision regarding the scientific task of practical theology. An example of an actual research project is given to illustrate the impact that meta-theoretical assumptions can have on the design of a scientific study.