Ontluikende denke in die GKSA-kerkgroeibediening

Abstract
Die GKSA het in 2012 besluit om heelhartig en volkome na God se bevele terug te keer. Herbesinning oor wat God in sy Woord beveel, is deel van die denkveranderingsproses wat in die GKSA plaasvind. Daar is baie oorsake vir die komplekse tendens van krimpende gereformeerde lidmaatgetalle waaraan die mens nie werklik iets kan doen nie. Die enigste optrede van gelowiges onder die leiding van die Heilige Gees wat moontlik ’n verskil kan maak, is om deur diepgaande bekering hulle eie denke volledig en gehoorsaam volgens die Skrif aan te pas. Omdat ingrypende veranderinge met verloop van tyd plaasvind, is dit nodig om die proses diachronies en aan die hand van verskillende metodologieë te volg. Hierdie artikel poog om ’n bydrae tot die proses te lewer.Emerging thinking in the RCSA churchgrowth ministry. In 2012 the RCSA decided towards a wholehearted and total turnaround regarding God’s commands. Reassessing of what God commands in his Word is part of the process of thought change taking place in the RCSA. There are many causes for the complex trend of declining numbers in reformed churches towards which man cannot do anything. The only action believers can undertake under the guidance of the Holy Spirit is to obediently adapt their own thinking completely according to the Word by profound repentance. Because of far-reaching change occurring over time, it is necessary to follow the process diachronically as well as by means of different methodologies. This article seeks to contribute toward this process